Welvaartbelasting in SA kan sowat 160 miljard doll - Kosmos Radio 94.1 FM

Welvaartbelasting in SA kan sowat 160 miljard doller insamel

'n Jaarlikse welvaartbelasting op die netto waarde van Suid-Afrika se rykste mense kan soveel as 160-miljard Namibiese doller invorder. 'n Studie deur die World Inequality Lab toon ook dat so 'n belasting ongelykheid sal beperk in 'n land waar die welvarendste een-persent van die bevolking 55-persent van die land se persoonlike rykdom besit. Na berig word sal ongeveer 350-duisend individue onderhewig wees aan die belasting, met die vlak wat wissel van drie-tot sewe-persent, afhangende van welvaart.
Please login or register to comment