Wag asb vir Ivermectin goedkeuring - Kosmos Radio 94.1 FM

Wag asb vir Ivermectin goedkeuring

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging doen 'n beroep op die mediese gemeenskap op te wag op leiding van die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte voordat hulle Ivermektien as behandeling vir Covid-19 gebruik. Meer as 500 dokters en beroeps-gesondheidswerkers het 'n versoek aan President Cyril Ramaphosa en Sahpra gerig om kliniese proewe en die oorweging om Ivermektien vir mense te gebruik, te versnel. SAMA se Woordvoerder, Angelique Coetzee, sĂȘ dokters word ook aangeraai om nie ongeregistreerde produkte wat na bewering Ivermektien bevat te koop en verkoop nie:

Please login or register to comment