Vertroue dat SA teen Australië toetsreeks sal voo - Kosmos Radio 94.1 FM

Vertroue dat SA teen Australië toetsreeks sal voortgaan

Die tussentydse raad van Krieket Suid-Afrika Zak Yacoob sê hy is vol vertroue dat Australië se toetsreeks-toer na Suid-Afrika sal voortgaan. Hy sê egter hy besef dat Covid-19 se onvoorspelbaarheid moontlik planne vir die reeks kan kelder. Die reeks van drie Toetse sou aanvanklik in Februarie en Maart aangebied word maar die beperkte-boulbeurt toer deur Engeland wat laasjaar afgelas is, het aanleiding gegee tot spekulasie dat die toer moontlik nie sal plaasvind nie en dat dit moontlik instede aangebied sal word in Perth in Westelike Australië. Die toer sal nou na verwagting in Maart of April aangebied word.

Please login or register to comment