Toyota herroep miljoene voertuie - Kosmos Radio 94.1 FM

Toyota herroep miljoene voertuie

Die Toyota Motormaatskappy sê dit het 'n wêreldwye brandstofpomp herroeping gedoen vir 'n totaal van 5,84 miljoen voertuie weens 'n defek wat daartoe aanleiding kan gee dat die part ingee. Volgens die Japanese voertuigvervaardiger voed dit nog 1,52 miljoen Amerikaanse voertuie by die herroeping wat aanvanklik in Januarie aangekondig is wat verskillende modelle dek wat tussen Julie 2017 en September 2017 vervaardig is. Volgens Toyota sal handelaars die betrokke voertuie se brandstofpompe met 'n beter weergawe vervang.
Please login or register to comment