Tito Mboweni waarsku daarteen dat staatsbeheer die - Kosmos Radio 94.1 FM

Tito Mboweni waarsku daarteen dat staatsbeheer die alfa en omega word

Die Suid-Afrikaanse Minister van Finansies, Tito Mboweni, het opnuut ʼn kat in die duiwehok gegooi deur te sê dat ʼn bespreking gehou moet word oor volgehoue regeringsbeheer oor al die belange wat hy besit, gegewe die haglike toestand van die land se finansies. Die Bloomberg-nuusdiens berig dat Mboweni daarteen gewaarsku het dat staatsbesit die alfa en omega word. Hy het reeds herhaaldelik die logika bevraagteken van voortgesette beheer oor staatsondernemings wat ʼn verlies toon en só die gramskap van die vakbonde en die ANC, wat privatisering teenstaan, op die hals gehaal.
Please login or register to comment