Supra Mahumapelo voer aan dat die ANC se Nasrec-ko - Kosmos Radio 94.1 FM

Supra Mahumapelo voer aan dat die ANC se Nasrec-konferensie ongeldig verklaar moet word

Die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, voer in die Hooggeregshof in Johannesburg aan dat die ANC se Nasrec-konferensie, waar Cyril Ramaphosa as president verkies is, nie geldig kan wees nie, as die party sy takke in Noordwes, wat deelgeneem het aan die konferensie, as ondoelmatig beskou. Mahumapelo en ander ontevrede ANC-lede bevraagteken die NUK se besluit om die party se provinsiale leierskap te ontbind. Dié besluit het die mag uit die hande van Mahumapelo en sy provinsiale struktuur geneem.
Please login or register to comment