Steeds kommer oor Tokio Olimpiese Spele - Kosmos Radio 94.1 FM

Steeds kommer oor Tokio Olimpiese Spele

Toe die Tokio Olimpiese Spele laasjaar uitgestel is, het beamptes beloof hulle sal in 2021 begin met die Spele as deel van die mens se sege oor die koronavirus. Ses maande voor die geherskeduleerde begin, is 'n oorwinning oor die virus steeds nie 'n realiteit nie en vrese neem toe dat die Spele geensins sal plaasvind nie. Organiseerders is egter steeds vol vertroue dat die Spele sal voortgaan en hulle meen dit kan veilig aangebied word selfs indien die virus nie onder beheer is teen die tyd wat die vlam aangesteek word op 23 Julie nie. 'n Groot deel van die wêreld is egter steeds lamgelê deur Covid-19 en Tokio is onder 'n noodtoestand wat kommer en twyfel laat opvlam oor die Spele.
Please login or register to comment