Sokkerlegende sterf van Covid - Kosmos Radio 94.1 FM

Sokkerlegende sterf van Covid

Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het aan Kosmos 94.1 Nuusbevestig dat sy goed voel, 14 dae nadat sy met Covid-19 gediagnoseer is. Intussen het dit bekend geword dat die Namibiese sokkerlegende Eric Muinjo Disndag oorlede in ‘n Windhoek hospitaal aan Covid-verwante oorsake. Hy was 64. Muinjo het sy sokker loopbaan in die sewentiger jare begin en sal onthou word vir sy vertoning in die Orlando Pirates span. Hy was een van die land se eerste gekwalifiseerde sokker afrigters na hy opleiding in Duitsland ontvang het.
Please login or register to comment