Probleme van die Suid-Afrikaanse Openbare Beskerme - Kosmos Radio 94.1 FM

Probleme van die Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer duur voort

Die probleme van die Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, duur steeds voort, nadat twee voormalige senior bestuurders van die Inkomstediens, Ivan Pillay en Johann van Loggerenberg, haar tot die middel van die dag tyd gegee het om verskoning te vra vir beweerde onwaar en lasterlike uitlatings. Die parlement se komitee oor justisie het ook aangekondig dat hy aan die DA se jongste versoek gaan voldoen en haar geskiktheid om haar amp te beklee gaan hersien. Christine Botha van die Sentrum vir Grondwetlike Regte sê die Hooggeregshof het kommerwekkende bevindings teen Mkhwebane gemaak.
Please login or register to comment