Oorksot in Kavango Oos gevind - Kosmos Radio 94.1 FM

Oorksot in Kavango Oos gevind

Die Namibiese polisie in die Kavango Oos-streek sê menslike oorskot is naby die Kasoro nedersetting gevind. Die streek se bevelvoerder Kommissaris Josephat Abel sê voorlopige inligting toon dat dit die oorskot van ‘n volwasse man is maar, dat die mag nie bewus is van enige vermiste persoon wat aangemeld is nie. Die publiek is aangemoedig om met inligting na vore te kom. Klere is by die oorskot gevind wat moontlik kan lei tot die identifikasie van die oorledene.
Please login or register to comment