Ongerymdhede by Namdia nie deur Geingob aangespree - Kosmos Radio 94.1 FM

Ongerymdhede by Namdia nie deur Geingob aangespreek nie

Plaaslike media berig dat ‘n verdoemende verslag oor die verhouding tussen Namdia en ‘n maatskappy C-Sixty Investments sedert 2018 oorhandig is aan President Hage Geingob maar geen stappe is tot dusver geneem nie. Luidens die berigte het Geingob opdrag gegee aan die Minister van Openbare Ondernemings Leon Jooste om ondersoek in te stel na die beweerde onderwaardasie van diamante by Namdia. Dit wil voorkom asof C-Sixty bande het met die voormalige ministers Sacky Shanghala en Obeth Kandjoze. Daar word beweer dat die twee inligting aan C-Sixty verskaf het wat hom toegelaat het om die kontrak vir diamant waardasie by Namdia te bekom. Die maatskappy sou ongeveer 1,5 miljard Namibiese doller oor 5 jaar by Namdia verdien. Diamante is volgens berigte onderwaardeer en verder, ‘n gekwalifiseerde diamant waardasie spesialis was reeds deur Namdia aangestel.
Please login or register to comment