Onderwysers wag sedert Januarie vir salarisse - Kosmos Radio 94.1 FM

Onderwysers wag sedert Januarie vir salarisse

Nagenoeg 18 Ondao Mobiele Laerskool onderwysers wat werk in van die mees afgeleë liggings van die Kunene-streek sonder basiese noodsaaklikhede het geen salarisse ontvang nie sedert hulle in Januarie 2020 begin werk het. Hulle verskaf onderrig aan kinders van nomadiese en semi-nomadiese Ovahimba, Ovadhimba, Ovatjimba en Ovatua stamme. Die onderwysers word jaarliks deur die regering gehuur en sommiges verskaf reeds vanaf 2015 onderrig. Hulle het egter geen aanstellingsbriewe ontvang nie. Intussen sê die Kunene Onderwys Direkteur Angeline Jantze die kwessie word aangespreek en sal tydens 'n vergadering op 29 September bespreek word.
Please login or register to comment