Niks so iets soos gratis entstof nie - Kosmos Radio 94.1 FM

Niks so iets soos gratis entstof nie

'n Politieke Ontleder sê dis 'n belediging om van Suid-Afrikaners te verwag om die Covid-19-entstof met 'n verhoging in belasting te betaal. Dit volg nadat die buurland se Nasionale Tesourie belastingverhogings oorweeg as een van die moontlikhede om vir die inentingsveldtog te betaal. Die land het meer as 1,38 miljoen Covid-19 gevalle met die meeste hiervan in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Daniel Silke sê daar is duidelik nie iets soos 'n gratis entstof in Suid-Afrika nie. Selfs al word dit as gratis voorgehou, sal direkte en steelsgewyse belastings waarskynlik daarvoor betaal.

Please login or register to comment