ʼn Beskadigde Noorweegse toerskip is veilig in die - Kosmos Radio 94.1 FM

ʼn Beskadigde Noorweegse toerskip is veilig in die hawe

ʼn Noorweegse toerskip het in die hawe van Molde aangekom ná ʼn vreesaanjaende ondervinding vir die meer as duisend 300 mense aan boord. Die Viking Sky se enjins het Saterdag krag verloor en die skip het te midde van stormagtige weer na die kus gedryf. Bykans 500 mense is deur reddingswerkers per lug na veiligheid geneem, voordat die bemanning daarin kon slaag om die meeste van die enjins weer aan die gang te kry. Verskeie sleepbote het die skip na die hawe begelei.

Please login or register to comment