Monaco F1 Grand Prix sal voortgaan - Kosmos Radio 94.1 FM

Monaco F1 Grand Prix sal voortgaan

Motorsport: Die 2021 Monaco Formule Een Grand Prix sal wel in Mei plaasvind na bespiegelinge dat daar vanjaar geen straat-wedrenne gehou sal word nie. Die Monaco-wedren en ander straat-wedrenne in Azerbaijan en Singapore is verlede jaar gekanselleer toe die Covid-19 pandemie die kalender tot 17 wedrenne verkort het. Die jaar se eerste wedren in Melbourne in Australiƫ wat gewoonlik in Maart plaasvind, is weens kwarantyn-maatreƫls tot in November uitgestel.

Please login or register to comment