Meer as 200 liggame is in ʼn massagraf in Ethiopià - Kosmos Radio 94.1 FM

Meer as 200 liggame is in ʼn massagraf in Ethiopië gevind

Die polisie in Ethiopië het op ʼn graf op die grens tussen die verdeelde Oromiya- en Somali-streek afgekom, wat ten minste 200 liggame bevat. Die staatsgeaffilieerde media berig dat die massagraf gevind is tydens ʼn ondersoek na die voormalige administrateur van die Somali-streek wat nou aanklagte van menseregtevergrype en die aanblaas van geweld in die gesig staar. Die streek gaan reeds vir dekades gebukkend onder geweld.
Please login or register to comment