Lekker aksie by Tony Rust Renbaan! - Kosmos Radio 94.1 FM

Lekker aksie by Tony Rust Renbaan!

Die Windhoek Motorklub sal Saterdag die eerste byeenkoms van die jaar aanbied by die Tony Rust Renbaan buite Windhoek. Die klub het vandag bevestig dat die Namibiese Motorsport Federasie en die Namibiese Sportkommissie goedkeuring verleen het vir die aanbieding van die tydren aangesien Covid-19 regulasies verslap is. Die klub het al sy motorsport aktiwiteite sedert April 2020 gestaak, 'n week voor hulle eerste tydren van die seisoen weens die Covid-19 pandemie.
Please login or register to comment