Leeus en Griekwas sal wel die naweek speel - Kosmos Radio 94.1 FM

Leeus en Griekwas sal wel die naweek speel

SA Rugby het bevestig dat die naweek se Super Unlocked-wedstryd tussen die Leeus en die Griekwas mag voortgaan na raadpleging met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes. Verlede naweek se wedstryd tussen die Leeus en die Cheetahs is op die laaste nippertjie afgestel na ‘n aantal positiewe Covid-19-toetse in die Leeukamp. Die wedstryd tussen die Leeus en die Griekwas word Vrydagaand op Ellispark in Johannesburg gespeel.
Please login or register to comment