Kritiek teenoor SA staatsdiens is nie opbouend nie - Kosmos Radio 94.1 FM

Kritiek teenoor SA staatsdiens is nie opbouend nie

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Beplanningskommissie sê die argument dat die staatsdiens opgeblaas is en uitgedun behoort te word in die topbestuur, is nie opbouend nie. Die kommissie maak egter voorspraak vir 'n verskeidenheid maniere om te verseker die staatsdiens bereik sy primêre doelwit van dienslewering. Die kommissie het dit gesê tydens die bespreking van sy verslag oor die hersiening van ekonomiese vordering met die Nasionale Ontwikkelingsplan se 2030 visie. Die verslag het bevind daar is 'n wanbalans met tekorte aan professionele amptenare, spesialiste en voorste linie dienste in die staatsdiens.
Please login or register to comment