Kommer oor handel in leeus in Botswana - Kosmos Radio 94.1 FM

Kommer oor handel in leeus in Botswana

Botswana is betrokke by die omstrede uitvoer van lewendige leeus en leeuprodukte om aan die groeiende internasionale aanvraag te voldoen. Dit is die bevinding van 'n ondersoekende omgewings-media-eenheid, Oxpeckers, wat sĂȘ kenners vrees dat die wettige handel in leeu-produkte ook gebruik kan word as 'n front vir leeu-produkte wat onwettig bekom word. Die navorsers het bevind dat hierdie produkte toenemend in sommige tradisionele Oosterse medisyne gebruik word in die plek van tier-produkte. Tiere is nou skaarser en moeiliker om te jag.
Please login or register to comment