Kaapstad-fietstoer uitgestel - Kosmos Radio 94.1 FM

Kaapstad-fietstoer uitgestel

Fietsry: Die organiseerders van die Kaapstad-fietstoer het aangekondig dat vanjaar se byeenkoms as gevolg van die tweede vlaag van Covid-19 uitgestel word. ‘n Nuwe datum moet nog aangekondig word. Volgens ‘n woordvoerder bly die veiligheid van alle deelnemers ‘n prioriteit en die organiseerders het vir ‘n paar maande saam met die owerhede gewerk aan die moontlikheid om ‘n aansienlik hersiene weergawe van die fietstoer in Maart aan te bied. Organiseerders sê hulle gaan egter voort om alle beskikbare opsies te ondersoek ten einde ‘n onvergeetlike toer aan te bied.
Please login or register to comment