Hulde aan Mthembu - Kosmos Radio 94.1 FM

Hulde aan Mthembu

Die ANC se Adjunk Sekretaris-Generaal, Jessie Duarte, het hulde gebring aan die Minister in die President se Kantoor, Jackson Mthembu, en sê die regerende party het 'n merkwaardige persoon verloor. Die 62-jarige Mthembu is aan Covid-19 verwante oorsake dood. Duarte sê Mthembu was nie iemand wat in 'n wolk geleef het nie.
Intussen het Kate Skinner van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum gesê die media sal Mthembu altyd onthou as 'n vriend en iemand wat mediavryheid en vryheid van spraak verdedig het. Skinner sê hy het altyd die grootste respek teenoor joernaliste betoon en het joernaliste van die hoofstroom-media tot gemeenskapsmedia altyd gelyke geleenthede en toegang tot die leier gegee.

Please login or register to comment