Geen beurtkrag word verwag vir die week nie - Kosmos Radio 94.1 FM

Geen beurtkrag word verwag vir die week nie

Eskom sal na verwagting nie dié week beurtkrag instel nie en sê dat die verbetering in die werkverrigting van aanlegte met die herindiensneming van vyf eenhede sedert Vrydag, tydelike verligting gebring het. Die kragvoorsiener sê ook dat hy diesel- en waterreserwes opgebou is, terwyl kraginvoere vanaf Mosambiek se Cahora Bassa-hidroëlektriese stelsel toegeneem het tot 850 megawatt, met die herstel van die voorsiening deur een van die twee lyne.
Sikloon Idai het beduidende skade aan die tweede lyn aangerig en dit kan maande neem om te herstel.

Please login or register to comment