Fikile Mbalula besoek die naweek se ongelukstonele - Kosmos Radio 94.1 FM

Fikile Mbalula besoek die naweek se ongelukstonele in Limpopo

Die Suid-Afrikaanse Minister van Vervoer, Fikile Mbalula, besoek vandag Limpopo om met verkeersbeamptes te vergader, ná ʼn vlaag van dodelike ongelukke in die provinsie. Ten minste 26 mense het die afgelope langnaweek in motorongelukke omgekom. In die ernstigste ongeluk is 24 mense wat op reis was in ʼn minibustaxi dood, toe die voertuig naby Giyani reg van voor met ʼn bus gebots het. Mbalula sê die gebeure van die naweek verg dringende aandag.
Please login or register to comment