Drie voormalige senior amptenare van die SAID brin - Kosmos Radio 94.1 FM

Drie voormalige senior amptenare van die SAID bring ʼn aansoek in die Hooggeregshof om die Staat te dwing om dele van die dossier in die strafregtelike saak teen hulle te oorhandig

Die Hooggeregshof in Pretoria sal in Februarie ʼn aansoek deur drie voormalige senior beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oorweeg om die Staat te dwing om dele van ʼn dossier oor die strafregterlike saak teen hulle te oorhandig. Ivan Pillay, Johann van Loggerenberg, en Andries Janse van Rensburg het gister in die Pretoriase Landdroshof verskyn op aanklagte van korrupsie en die oortreding van die Rica-wet. Die Staat het vroeër ingestem dat hulle verdedigingspan die hele dossier mag besigtig en notas mag neem, maar nie afskrifte maak nie.
Please login or register to comment