Djokovic verduidelik sy 'eise' - Kosmos Radio 94.1 FM

Djokovic verduidelik sy 'eise'

Die wêreld nommer een mans tennisspeler NovakDjokovic het 'n ope brief aan die Australiese publiek gerig op sy Twitter-blad waarin hy eise probeer opklaar het wat hy oënskynlik gemaak het aan organiseerders van die Australiese Ope. Die agtmalige kampioen in Melbourne het na berig word 'n lys eise gerig aan Tennis Australië wat die verskuiwing insluit van spelers in kwarantyn na privaat wonings met tennisbane en om beter etes aan hulle te verskaf. Djokovic het ongeag skerp kritiek gesê hy het eenvoudig gepraat namens spelers wat nie so goed soos hy behandel word nie.
Please login or register to comment