Die EFF se aansoek om appèl aan te teken in die T - Kosmos Radio 94.1 FM

Die EFF se aansoek om appèl aan te teken in die Trevor Manuel-saak word geweier

Die Hooggeregshof in Johannesburg het die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn vroeëre uitspraak van die hand gewys, waarin die party skuldig bevind is aan onwaar uitlatings oor die voormalige Minister van Finansies, Trevor Manuel. Die EFF is verlede maand opdrag gegee om Manuel om verskoning te vra, nadat hy die party gedagvaar het omdat die EFF beweer het dat hy ʼn sakevennoot van en verwant is aan die nuwe kommissaris van die Inkomstediens, Edward Kieswetter.
Please login or register to comment