Die DA sê die Parlement moet byeengeroep word om - Kosmos Radio 94.1 FM

Die DA sê die Parlement moet byeengeroep word om die energiekrisis te hanteer

Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê hy het aan die Suid-Afrikaanse speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, geskryf om te versoek dat die Parlement dringend byeengeroep word en vir die stigting van ʼn ad-hoc komitee om die land se energiekrisis te hanteer. Hy het vandag in Johannesburg die party se parlementêre plan van aksie oor die krisis aangekondig. Maimane sê die duisternis in die land die afgelope weke is die skuld van die ANC se korrupsie by Eskom
Please login or register to comment