Curriebeker finaliste geluk gewens - Kosmos Radio 94.1 FM

Curriebeker finaliste geluk gewens

Die Direkteur van SA Rugby Rassie Erasmus het die vier Carling Curriebeker semi-finaliste geluk gewens en alle deelnemende spanne geprys wat deelgeneem het tydens die uitdagende 2020 seisoen. Hy het ook Carling Black Label as borg bedank vir hulle ondersteuning ondanks die groot uitdagings met Covid-19. Eerskomende naweek sal die Vodacom Bulle die gasheer wees vir die Xerox Leeus in Pretoria om 2 uur en om half vyf is dit die DHL Westelike Provinsie wat in Kaapstad die gasheer is in die ander semi-finaal teen die Cell C Sharks. Die sëvierende spanne dring deur na die finaal op 30 Januarie.
Please login or register to comment