Covid-boetes opwaarts aangepas - Kosmos Radio 94.1 FM

Covid-boetes opwaarts aangepas

Boetes vir die oortreding van maatreëls in verband met die pandemie is bekend. ‘n Boete van 4 000 doller is betaalbaar as jy nie ‘n masker in ‘n openbare spasie dra nie. Dieselfde boete geld as jy weier om ‘n masker te dra of die spasie te verlaat. Oortreding van reëls in verband met byeenkomste sal jou 6 000 doller kos en as register regulasies nie nagekom word nie kan ‘n 2 000 doller boete geld vir elke stap wat nie nagekom is nie. ‘n Boete van 4 000 doller geld vir oortreding van die aandklokreël en as jy nie ‘n bewys het van noodsaaklike dienste nie, is 2 000 doller jou voorland. Die onwettige verkoop of verspreiding van alkohol sal jou 6 000 doller uit die sak jaag.
Please login or register to comment