Bangladesj en die Wes-Indiese Eilande spook vandag - Kosmos Radio 94.1 FM

Bangladesj en die Wes-Indiese Eilande spook vandag in Taunton sake uit in ‘n wêreldbeker-wedstryd wat albei spanne moet wen

Krieket… Bangladesj en die Wes-Indiese Eilande spook vandag in Taunton sake uit in ‘n wêreldbeker-wedstryd wat albei spanne moet wen. Die Wes-Indiese span is in die sesde plek op die punteleer en Bangladesj is agste. Die Proteas is tussen die twee in die sewende plek. Bangladesj het die loot gewen en die Wes-Indies ingestuur om eerste te kolf. Chris Gayle is in die vierde boulbeurt uit vir ‘n nulletjie. Na 10 boulbeurte het sy span 32 vir een op die telbord gehad.
Please login or register to comment