Bank van Namibië stel Kitsbetalingsprojek bekend
Die Bank van Namibië het die Kitsbetalingsprojek bekendgestel, ‘n baanbrekersinisiatief om finansiële dienste regoor Namibië te revolusioneer. Met ‘n geteikende amptelike bekendstellingsjaar van 2025, beoog die projek om finansiële insluiting aansienlik te verbreed deur noodsaaklike en bekostigbare finansiële dienste aan almal te verskaf. Die projek het ten doel om ‘n Kitsbetalings-oplossing bekend te stel wat […]
DA-leier Steenhuisen daag Cyril uit tot debat
Die DA-leier, John Steenhuisen, het president Cyril Ramaphosa uitgedaag tot ‘n voorverkiesingsdebat. Dit kom ná die onthulling van die party se nuwe ekonomiese beleid in Johannesburg. Steenhuisen glo eerlike gesprekke en debatte rakende die land se ekonomie en werkskepping is noodsaaklik. Hy het vertroue uitgespreek in die DA se beleid, en die gereedheid om hierdie […]
Blinken waarsku China oor nuwe sanksies
Amerika se buitelandse sake-minister, Antony Blinken, het Chinese president Xi Jinping in Beijing gewaarsku dat Amerika en sy Europese bondgenote gereed is om nuwe sanksies op Chinese maatskappye in te stel, indien hulle nie ophou om materiaal en toerusting aan die Russiese wapenbedryf te verskaf nie. Daar was geen onmiddellike reaksie van Xi nie. Blinken […]
Dubbele beseringsterugslag tref Leeus
Rugby: Twee beserings bring ‘n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel […]
Begrotingstekort-projeksie verlaag na 3,2%
Namibië het sy ekonomiese groei-voorspellings vir 2023 en 2024 verhoog en ‘n begrotingstekort-projeksie verlaag, as gevolg van hoofsaaklik sterk groei in die olie- en mynbousektore. Die begrotingstekort vir die 2023/24-boekjaar word beraam op 3,2 persent van die bruto binnelandse produk, laer as ‘n Oktober-skatting van 4,2 persent, en behoort teen 3,2 persent van die BBP […]
Privaat vennoot by Kaapstad-hawe verwelkom
Die Stad Kaapstad het die ontwikkeling van ‘n privaat vennoot by die Kaapstad-hawe verwelkom. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê vroeër hierdie week het die Transnet Nasionale Hawe-owerheid ‘n beroep op belanghebbende partye gedoen om tenders in te dien vir die vestiging, bedryf, instandhouding, opknapping, of bou en oordrag van ‘n vloeibare grootmaat-terminal […]
EU kondig meer hulp aan vir Gaza
Die Europese Unie het aangekondig hy gee ‘n bykomende 1,4-miljard Namibiese dollar om broodnodige hulp aan Palestyne in Gaza te verskaf. Die gebied is verwoes deur Israeliese bomaanvalle en grondoperasies na ‘n aanval deur Hamas meer as ses maande gelede. Die burgerlike bevolking van twee-miljoen mense het dringend humanitêre hulp nodig om te oorleef.
Mylpale vir drie Stormers-spelers teen Leinster
Rugby: Die stut Brok Harris sal môre die eerste speler word wat 150 wedstryde vir die Stormers gespeel het, wanneer hy uitdraf vir die VRK-wedstryd teen Leinster in Kaapstad. Die losvoorspelers Evan Roos en Marcel Theunissen sal albei in hul 50ste wedstryde speel. Daar is net twee veranderings aan die agterlyn, met Damian Willemse langs […]
Visriviercanyon het genoeg water vir stapseisoen
Die toerisme-ministerie, in samewerking met Namibia Wildlife Resorts, het aangekondig dat ‘n deeglike evaluering van waterbronne in Visriviercanyon gedoen is, en daar is genoeg water beskikbaar vir die komende stapseisoen. Die stapseisoen begin op 1 Mei. Dit kom na 4,36 miljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam vrygelaat is in die tweede week van April. […]
Debmarine Namibia Premierliga-wenner hierdie naweek beslis
Die Debmarine Namibia Premierliga sal na verwagting in pyn en ekstase eindig vir twee Namibiese sokkerreuse, African Stars en Orlando Pirates. Hulle ontmoet môremiddag in die seisoen se laaste ronde in Windhoek se Onafhanklikheidstadion. Stars is bo-aan die punteleer en drie punte voor hul naaste teenstanders, FC Ongos en Khomas Nampol. Pirates is egter in […]