Wisselkoers is al wat koring, mielies se pryse sal opstoot

Namibië sal uitdagings hê met gewasse as gevolg van die El Nino-weerverskynsel wat laer reënval sal veroorsaak. Maar, daar is nie rede tot kommer oor voorrade van mielies en koring nie. Die uitvoerende hoof van die NMI-groep Ian Collard sê daar is internasionaal baie voorraad, dis net die wisselkoers tussen die Suid-Afrikaanse rand en die Amerikaanse geldeenheid wat pla.