Wat gebeur as Zaporizhzhia ineenstort?

ussiese aanvalle het Europa se grootste kernkrag-aanleg, die Zaporizhzhia-kernkragsentrale in die Oekraïne vir ‘n sesde keer sedert Moskou se inval verlede jaar begin het, van die netwerk af gedwing. Rafael Grossi, die hoof van die Verenigde Nasies se kernwaghond, die Internasionale Atoomenergie-agentskap, het sy kommer uitgespreek hoe dit voorkom kan word. Chris Yelland, ‘n energie-ontleder, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat sal gebeur as daar ‘n ineenstorting by die kernkragsentrale is.