Verkeer by grense loop vlot

Die oponthoud by die grense is opgelos. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van FP du Toit Vervoer Stefan Terblanche gepraat nadat die PDM-leier McHenry Venaani gesê het hy was in gesprek het President Hage Geingob oor die uitdagings. Venaani het gesê vragmotors, ook die met suurstof, is derugelaat. Terblanche sê die misverstand was in verband met die nuwe permitte vir noodsaaklike dienste.