Musiek het ‘n verbasende sterk invloed op ons welstand

Onlangse studies toon dat diegene met chroniese pyn dit kan verminder deur na musiek te luister wat hulle geniet. Deur musiek te hoor wat jy ken en liefhet, kan jy verligting ervaar sonder die hulp van medikasie of doktersbesoeke.

Hierdie verskynsel kan meestal gekoppel word aan hoe musiek jou brein beïnvloed wanneer jy dit hoor. Om na musiek te luister waarvan jy hou, stel opioïede in die brein vry wat gou deur jou liggaam versprei. Hierdie natuurlike pynstiller verminder die gevoel van pyn terwyl jy die musiek geniet. Hierdie tegniek help nie net om pyn te beveg nie, dit verminder ook depressie en angs, wat ook twee oorsake van chroniese pyn is.

Om ‘n goeie liedjie te hoor is glo die perfekte manier om jou gedagtes van die pyn te herlei.

Terwyl die luister na jou gunsteling musiek nie jou pyn vir ewig sal genees nie, is dit ‘n perfekte oplossing vir tydelike verligting sonder enige newe-effekte van medikasie, of geld uit jou beursie!

Foto: Verskaf