Slim plan met oorvol tronke

Senegal het ‘n rewolusionêre elektroniese toesigskema van stapel gestuur. Dit behels dat gevangenes elektroniese enkelmonitors dra, sodat hulle buite die mure van die tronk op hulle verhoor kan wag. Dit is die eerste program van sy soort in Wes-Afrika. Die stap volg op die uiters moeilike toestande in Senegalese tronke, waar duisende dikwels vir geringe oortredings aangehou word of voor verhoor in aanhouding sit. Ander lande, insluitende Marokko en Togo, ondersoek glo soortgelyke inisiatiewe om hul tronkbevolkings te bestuur.