Trump erken Jerusalem as Israel se hoofstad - Kosmos Radio 94.1 FM

Trump erken Jerusalem as Israel se hoofstad

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat sy land Jerusalem erken as hoofstad van Israel, wat na verwagting ‘n woedende reaksie tot gevolg gaan hê van die Palestyne wat ook die antieke stad as hulle setel beskou. Hy hou vol dat dit die regte ding is om te doen en dat hy ‘n belofte nakom wat verskeie van sy voorgangers nie gedoen het nie. Trump sê die stap is nie daarop gemik om ‘n afwyking te weerspieël van die VSA se verbintenis tot blywende vrede in die Midde-Ooste nie.
Please login or register to comment