ʼn Parlementêre komitee sal besluit of ondersoek - Kosmos Radio 94.1 FM

ʼn Parlementêre komitee sal besluit of ondersoek ingestel moet word na die openbare beskermer se geskiktheid vir haar amp

Die DA sê hy het oorweldigende getuienis verskaf aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste dat die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, nie bevoeg is vir die amp nie. Die party sê sy het deur haar optrede bewys dat sy onbekwaam is om wettiglik op te tree, deurgaans optree sonder ontsag vir regverdige werkswyse en dat haar bevindings klaarblyklik onredelik is. Die komitee het besluit om vir Mkhwebane die geleentheid tot repliek te gun, waarna besluit sal word of ʼn ondersoek nodig is.
Please login or register to comment