ʼn Hofbevel keer die ondertekening van kontrakte - Kosmos Radio 94.1 FM

ʼn Hofbevel keer die ondertekening van kontrakte vir die verskaffing van hernubare energie

Die regering en Eskom se plan om kontrakte aan te gaan met 27 onafhanklike kragvoorsieners vir die verskaffing van hernubare energie vir die nasionale netwerk is voorlopig uitgestel nadat die metaalwerkersunie, Numsa, ʼn dringende hofbevel van die Hooggeregshof in Pretoria verkry het. Die energieministerie is gedwing om ʼn onderneming te gee dat die ooreenkomste nie onderteken sal word voordat die hof nie later die maand die kwessie oorweeg het nie. Numsa voer aan dat die ondertekening daartoe sal lei dat Eskom minder steenkool-kragstasies sal benodig wat kan lei tot die sluiting van die kragstasies en die afskaffing van duisende werksgeleenthede.

Please login or register to comment