ʼn Boer van Noordwes en sy seun weer voor die Hoo - Kosmos Radio 94.1 FM

ʼn Boer van Noordwes en sy seun weer voor die Hooggeregshof in Pretoria vir die beweerde moord op hulle buurman

Die moordverhoor van ʼn boer en sy seun van Noordwes hervat vandag in die Hooggeregshof in Pretoria. Die 54 jarige Schalk Myburgh en sy 28 jarige seun Schalk junior word daarvan aangekla dat hulle in Desember 2015, hul buurman Muraga Mavula vermoor het naby Brits. Die Staat voer aan dat hulle Mavula aangerand het omdat hy na bewering ʼn bok gesteel het en toe met hul bakkie oor hom gery het. Die Myburghs is uit op borgtog van 500 Rand elk.
Please login or register to comment