Mantashe sê sterftes is tans die grootste uitdag - Kosmos Radio 94.1 FM

Mantashe sê sterftes is tans die grootste uitdaging vir die mynsektor

Die minister van Minerale Bronne, Gwede Mantashe, het streng optrede teen die mynmaatskappy Sibanye-Stillwater beloof indien bevind word dat enige reëls oortree is. Dit volg ná die dood van vier mynwerkers Maandag in sy Kloof-myn naby Westonaria in Gauteng. ʼn Vyfde mynwerker word steeds vermis. Mantashe het die myn gisteraand besoek en met die mynwerkers en bestuur gepraat. Hy sê die voorkoming van sterftes in die mynsektor is tans die grootste uitdaging vir die bedryf…
Please login or register to comment