Krieket SA win regsadvies in oor Rabada se skorsin - Kosmos Radio 94.1 FM

Krieket SA win regsadvies in oor Rabada se skorsing

Krieket Suid-Afrika gaan regsadvies inwin nadat dit bekend geword het dat die Protea-ster, Kagiso Rabada, vir twee toetse geskors is ná sy skuldigbevinding aan ʼn vlak-2 oortreding tydens die tweede toets teen Australië in Port Elizabeth. Die speler van die wedstryd wat elf paaltjies op St George’s Park laat kantel het, het drie strafpunte ontvang vir die doelbewuste fisiese kontak met die Australiese kaptein Steve Smith nadat hy hom uitgehaal het en is ook met vyftig persent van sy wedstrydfooi beboet. Rabada en KSA het tot môre tyd om appèl aan te teken teen die besluit van die Internasionale Krieketraad. Indien die straf nie opgehef word nie, gaan hy die res van die toetsreeks misloop.
Please login or register to comment