Een van die Johannesburgse Aandelebeurs se voorste - Kosmos Radio 94.1 FM

Een van die Johannesburgse Aandelebeurs se voorste maatskappye stort in duie

Die wêreld se grootste kleinhandelaar in huishoudelike goedere, Steinhoff, het byna 183 miljard Rand van sy waarde verloor na die onverwagte bedanking van uitvoerende hoof Markus Jooste, wat die maatskappy byna twintig jaar lank bestuur het. Steinhoff het uiteindelik rekeningkundige ongerymdhede erken nadat Duitse reguleerders aangekondig het dat verskeie uitvoerende bestuurders ondersoek word. Die Johannesburgse Aandelebeurs sê hy praat met die maatskappy om duidelikheid te kry oor die oortredings.
Please login or register to comment