Die DA-leier wil Eskom se monopolie beëindig - Kosmos Radio 94.1 FM

Die DA-leier wil Eskom se monopolie beëindig

Die DA-leier, Mmusi Maimane sal vandag ʼn privaatlid-wetsontwerp in die Parlement voorstel, wat daarop gerig is om Eskom se monopolie te beëindig. Die party sê dit sal die dringend noodsaaklike kompetisie wat in die energiesektor nodig is verseker en die elektrisiteitspryse vir Suid-Afrikaners verlaag. Die DA sê die wetsontwerp sal munisipaliteite in staat stel om elektrisiteit direk vanaf onafhanklike elektrisiteitsprodusente aan te koop en Eskom se reusebedreiging vir die ekonomie beëindig.
Please login or register to comment