Die Bokke ontmoet vandag hulle ondersteuners in d - Kosmos Radio 94.1 FM

Die Bokke ontmoet vandag hulle ondersteuners in die Vrystaat

Die Springbokspan en afrigtingspersoneel sal vandag betrek word by verskeie ondersteunersaktiwiteite in Bloemfontein en omliggende gebiede voor Saterdag se tweede toets teen Engeland. Rassie Erasmus, sy mede-afrigters en tien spelers reis na Welkom om ʼn afrigtingseminaar aan te bied, terwyl ʼn aantal spelers vanoggend om tienuur by die Loch Logan Waterfront en Mimosa Mall beskikbaar sal wees om ondersteuners te ontmoet en handtekeninge uit te deel. Hulle sal ʼn uur later by Grey Kollege wees.

Please login or register to comment