Mosiehof: 70 sake deur banke eis N$77m

Daar was 130 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 24 op die reël 108 rol was. Regters Eileen Rakow en Collins Parker het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 70 aansoeke gebring waaronder twee voertuie terugbesorg moet word. Daar is ook 42 eiendomme met ‘n skuldlas van 62 miljoen dollar was opgeëis is. […]

Read More

Shark Island: Namport en erfenis…

Die firma Forensis and Forensic Architecture het hul jongste ondersoek na Duitse koloniale volksmoord in vandag se Namibië vrygestel. Die navorsing fokus op die voormalige konsentrasiekamp op Shark Island by Lüderitz, waar duisende Namas en Ovahereros gesterf het. Dit identifiseer nuwe potensiële massagrafterreine en onthul hoe planne deur die Namibiese regering om die hawe uit […]

Read More

Seuntjie, 5, gebrand na hy suiker steel

Daar word berig dat ‘n vyf-jarige seuntjie gebrand is nadat hy suiker by ‘n shebeen in die Omaku-nedersetting in die Omusati-streek gesteel het. ‘n Saak van poging tot moord is teen die 35-jarige verdagte gemaak en daar word verwag dat hy vandag nog in die hof sal verskyn. Volgens die mag se adjunk-kommissaris Moses Simaho […]

Read More

Kritici van Nandi-Ndaitwah is verkeerd, haar aanmerkings was reg

Die adjunk-president Netumbo Nandi-Ndaitwah kom onder skoot omdat sy tydens die gradeplegtigheid by Unam se Rundu-kampus ‘n beroep gedoen het dat ‘n fakulteit vir landbou daar geskep word. Sy is wyd gekritiseer vir die aanmerking maar, die adjunk-president is korrek – Unam se Rundu-kampus het geen fakulteit van landbou nie.

Read More

Agribank soek steeds N$10,6m by adjunk-minister

Agribank het vanoggend ‘n aansoek in die mosiehof teen die adjunk-minister van toerisme Tommy Nambahu. Die bank eis meer as 10,6 miljoen Namibiese dollar van Nambahu. Die saak sloer sedert 2018 en in 2019 het Nambahu skuld erken en ‘n skikkingooreenskoms onderteken wat op 8 Mei 2019 bekragtig is. Die bank moes hom in September […]

Read More

So lyk NIP se motors van N$11m

Die Namibië Instituut vir Patologie het 18 nuwe voertuie teen ‘n koste van net meer as 11 miljoen Namibiese dollar aangeskaf, wat gelykstaande is aan meer as 611 000 dollar per voertuig. Dit het gelei tot landwye betogings by NIP-terreine deur ontevrede werknemers wat beweer het dat elke topbestuurder brandstofkaarte ter waarde van 20 000 […]

Read More

Bitcoin en sku skrikkerig vir Iran-aanval

Kriptogeldeenhede het vanoggend verswak met Bitcoin tot onder 60 000 Amerikaanse dollar teruggesak het na beleggers riskante bates verkoop het ná berigte van ‘n Israeliese missielaanval op Iran. Bitcoin het effe versterk en verhandel tans net onder 65 000 dollar. Intussen het die Amerikaanse dollar effe versterk met ‘n persent. Israel het ‘n aanval op […]

Read More

SA verloor R1 triljoen in beleggings

ActionSA sê Suid-Afrika se beleggingsomgewing en sake-ondernemings ly steeds onder die ANC se ekonomiese beleid, korrupsie en growwe regerings-onbevoegdheid. Ou Mutual se voorsitter en gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, sê beleggers het die afgelope paar jaar meer as ‘n duisend-miljard-rand uit Suid-Afrika geneem. Pieter Scribante van ActionSA sê dit is gebiedend noodsaaklik om buitelandse […]

Read More

Piesang-proefloop vorder goed

Die Namibiese Akkerbouraad en AvaGro het onlangs 2 222 weefselkultuur piesangsaailinge as deel van hul piesangprojek in die Zambezi-streek geplant. Die piesangs is vir die eerste veldproef op ‘n een-hektaar plot by Mango Vuluzi-plaas in die Singalamwe-omgewing geplant. Saam beoog die organisasies om verskeie piesangvariëteite te assesseer en te identifiseer. Hierdie inisiatief poog ook om […]

Read More

Bestaande partye moet nuwe partye se deelname fasiliteer – Holomisa

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê politieke partye moet maniere vind om nuwe partye se deelname aan die land se demokrasie te ondersteun en te fasiliteer. Dit volg nadat die Verkiesingshof in die Verkiesingskommissie se guns beslis het dat vyf partye nie volgende maand op die stembrief sal verskyn nie. Holomisa sê die beslissing is beslis […]

Read More