Wen - Kosmos Radio 94.1 FM

Wen



Eksklusief vir ons Suid-Afrikaanse luisteraars. Wen 'n vyf nag vakansie in Namibië met Kosmos 94.1 en vennote. Stuur 'n e-pos met jou kontak besonderhede na vakansie@kosmos.com.na. Ons trek elke week ‘n finalis en aan die einde van elke maand ‘n wenner wat met sy of haar metgesel in ons mooi land kom vakansie hou.

Jul ontvang:

  • Twee toeristeklas retoervliegkaartjies vanuit Johannesburg , Durban of Kaapstad na Windhoek van Air Namibia
  • ‘n Huurvoertuig by Avis op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe buite Windhoek
  • Twee nagte bed & ontbyt in die Burg's View Boetiek Hotel of die Thule Hotel in Windhoek
  • Drie nagte bed & ontbyt by 'n Namibia Wildlife Resort-oord in die Etosha Nasionale Wildtuin

Bepalings en voorwaardes:

  • Die huurvoertuig sal vol brandstof wees. Jul maak dit op jul eie onkoste vol voor jul dit by die lughawe afgee
  • Ontbyt is ingesluit waar jul tuis gaan. Jul is verantwoordelik vir die ander etes uit jul eie sak sakke
  • Paspoorte moet ses maande geldig wees
  • Rybewyse moet geldig wees en in Namibië aanvaar word

Stuur soveel e-posse as wat jy wil. Sien jou dalk binnekort in Namibie!





Hoe goed ken jy die Kosmos 94.1 omroepers?

Wel, jou kennis kan jou lekker vet kontant pryse laat wen!

Elke week word twee duisend vyf honderd doller weggee as jy al vyf vrae oor ‘n betrokke omroeper korrek be-antwoord…jy ding natuurlik teen die horlosie mee. Jy antwoord slegs waar of wolhaar.

Stuur nou jou sms met die woord omroeper na 5005 en jy kry dalk binnekort ‘n kans vir daai lekker prettige wen.

Elke SMS kos N$5-00. Bepalings en voorwaardes geld.





Basta met blou Maandae!

Jy en jou kollegas staan 'n kans om 'n Spur-geskenkbewys ter waarde van N$1000-00 te wen!

SMS die kode woord "koor", jou naam-en-van asook die naam van die plek waar jy werk na 941.

Luister uit vir die liedjie van die week en oefen daardie stembande want julle kan Maandae oggende tussen 7h55 en 8h05 geskakel word om 'n paar reels uit die liedjie te sing - regstreeks op die lug!

Elke SMS kos N$3-00. Bepalings en voorwaardes geld.





Kyk uit vir die Four Cousins pamflet met die Kosmos 94.1 embleem daarop, by deelnemende Pick n Pay-, Woermann Brock-, Shoprite & Checkers asook Metro winkels. Koop enige 3 bottels Four Cousins wyne vir sleg N$99-99 altesaam en SMS die woorde "Four Cousins" en jou kasregisterstrokie-nommer na 941.

Daar word elke week 'n versameling Four Cousins wyne - ter waarde van N$450-00 - weggegee!

Elke SMS kos N$3-00. Bepalings en voorwaardes geld. Alkohol nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18 nie - gebruik drank verantwoordelik.