Agribank soek steeds N$10,6m by adjunk-minister

Agribank het vanoggend ‘n aansoek in die mosiehof teen die adjunk-minister van toerisme Tommy Nambahu. Die bank eis meer as 10,6 miljoen Namibiese dollar van Nambahu. Die saak sloer sedert 2018 en in 2019 het Nambahu skuld erken en ‘n skikkingooreenskoms onderteken wat op 8 Mei 2019 bekragtig is. Die bank moes hom in September […]

Read More

So lyk NIP se motors van N$11m

Die Namibië Instituut vir Patologie het 18 nuwe voertuie teen ‘n koste van net meer as 11 miljoen Namibiese dollar aangeskaf, wat gelykstaande is aan meer as 611 000 dollar per voertuig. Dit het gelei tot landwye betogings by NIP-terreine deur ontevrede werknemers wat beweer het dat elke topbestuurder brandstofkaarte ter waarde van 20 000 […]

Read More

Bitcoin en sku skrikkerig vir Iran-aanval

Kriptogeldeenhede het vanoggend verswak met Bitcoin tot onder 60 000 Amerikaanse dollar teruggesak het na beleggers riskante bates verkoop het ná berigte van ‘n Israeliese missielaanval op Iran. Bitcoin het effe versterk en verhandel tans net onder 65 000 dollar. Intussen het die Amerikaanse dollar effe versterk met ‘n persent. Israel het ‘n aanval op […]

Read More

SA verloor R1 triljoen in beleggings

ActionSA sê Suid-Afrika se beleggingsomgewing en sake-ondernemings ly steeds onder die ANC se ekonomiese beleid, korrupsie en growwe regerings-onbevoegdheid. Ou Mutual se voorsitter en gewese minister van Finansies, Trevor Manuel, sê beleggers het die afgelope paar jaar meer as ‘n duisend-miljard-rand uit Suid-Afrika geneem. Pieter Scribante van ActionSA sê dit is gebiedend noodsaaklik om buitelandse […]

Read More

Piesang-proefloop vorder goed

Die Namibiese Akkerbouraad en AvaGro het onlangs 2 222 weefselkultuur piesangsaailinge as deel van hul piesangprojek in die Zambezi-streek geplant. Die piesangs is vir die eerste veldproef op ‘n een-hektaar plot by Mango Vuluzi-plaas in die Singalamwe-omgewing geplant. Saam beoog die organisasies om verskeie piesangvariëteite te assesseer en te identifiseer. Hierdie inisiatief poog ook om […]

Read More

Bestaande partye moet nuwe partye se deelname fasiliteer – Holomisa

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê politieke partye moet maniere vind om nuwe partye se deelname aan die land se demokrasie te ondersteun en te fasiliteer. Dit volg nadat die Verkiesingshof in die Verkiesingskommissie se guns beslis het dat vyf partye nie volgende maand op die stembrief sal verskyn nie. Holomisa sê die beslissing is beslis […]

Read More

Nestlé verdedig suikervlakke in babakos

Onlangse ondersoeke onthul Nestlé voeg suiker by babakos in Suid-Afrika en ander lae- en middelklaslande, met suikervrye formules wat in Westerse markte verkoop word. ‘n Gesamentlike ondersoek deur Public Eye en die Internasionale Babakos-aksienetwerk beskuldig die multinasionale maatskappy van die verontagsaming van gesondheidsriglyne. Gewilde handelsmerke soos Nido en Cerelac toon ‘n hoër suiker-inhoud in armer […]

Read More

Vars span vir die Haaie se VRK-kragmeting

Die Haaie het verskeie veranderings gemaak vir hul VRK-kragmeting in Skotland teen die Glasgow Warriors. Die kaptein, Lukhanyo Am, die vleuel, Makazole Mapimpi, die skrumskakel, Jaden Hendrikse, die stut Ox Nche, die haker, Bongi Mbonambi, en die slot Eben Etzebeth, kry almal ruskans. Die afrigter, John Plumtree, het die behoefte in ag geneem om ‘n […]

Read More

Geen parool vir Thomas Florin nie

Regter Boas Usiku het Thomas Florin, die man wat in 1998 sy vrou Monica, in Swakopmund vermoor, haar liggaam opgesny en gekook het, se parool-aansoek van die hand gewys. Florin het in sy aansoek aangevoer dat omdat hy onderhewig is aan twee verskillende wette, een wat geldig was toe hy Monica vermoor het, en die […]

Read More

Stad Johannesburg tree op teen wanbetalers, word R52 miljard geskuld

Die Stad Johannesburg sê hy gaan streng optree teen wanbetalers wat nooit hulle verantwoordelikhede nakom om te betaal wat hulle verskuldig is nie. Die stad het die watertoevoer en elektrisiteitsverbindings na groot gebruikers soos landgoedere, hospitale en ʼn universiteit afgesny wat saam meer as ʼn miljard Suid-Afrikaanse rand aan munisipale dienste skuld. Die stad se […]

Read More