Jub Jub borgaansoek uitgestel
Woensdag, 17 Maart 2010
Die borgtog aansoek deur die hip hop musikant Jub Jub oftewel Molemo Maarohanye,  en sy mede-beskuldigde, Themba Tshabalala, is in die hof in Soweto tot môre toe uitgestel.

Drie getuies is vanoggend in die Protea landdroshof onder kruis-ondervraging geneem terwyl twee ander sal môre getuig. Die polisie sê urine-toetse toetse het getoon dat  die hip hop-musikant  Jub Jub, en sy mede-beskuldigde morfien en kokaïen gebruik het voordat hulle aan die motorresies in Soweto deelgeneem het waarin vier leerlinge dood en
twee ander beseer  is.